top of page
  • WebServe
  • WebServe
  • WebServe
Wave

WebServe se Dienste

WebServe Dienste

Kyk hieronder om meer uit te vind oor WebServe se dienste en pakkette, sodat jy beter kan verstaan wat jy voor soek en dan met WebServe kan gesels oor presies dit wat jy of jou besigheid/organisasie benodig.

Webserve Round 02.png

01

Vertaling

Soek jou besigheid iemand om sy vertaalwerk te doen [AFR/ENG; ENG/AFR]? Hier is ons! As jy graag enige vertaalwerk gedoen wil hê vanaf Afrikaans na Engels, of andersom, is WebServe die een om dit vir jou te doen - geen probleem! Dokumente, skooltake, CV's, rapporte, verslae, artikels, sosiale-media plasings, webwerf teks, en baie meer!

02

Redigering

Redigering is die proses om veranderinge aan 'n teks aan te bring; besluit wat verwyder sal word en wat in gehou sal word, om dit voor te berei vir publisering. WebServe sal alles nagaan en redigeer wat verander moet word, of aanpas wat aangepas kan word vir beter, meer omvattende en boeiende leesstof. WebServe bied dit aan tesame met die addisionele opsie vir Terugvoer-Verslae, asook 'n addisionele opsie vir Grafiese Ontwerp indien nodig.

03

Kopieredigering/Copyediting

Kopieredigering (ook bekend as kopiëring en manuskripredigering) is die proses om geskrewe materiaal te hersien vir die verbetering van leesbaarheid en gepastheid, asook om te verseker dat teks vry is van grammatikale en feitelike foute. WebServe bied dit aan tesame met die addisionele opsie vir Terugvoer-Verslae.

04

Tik/Opstel van Dokumentasie/Inhoud

WebServe kan jou dokumentasie ook opstel vir jou. Dit sluit kontrakte in, sosialemedia-plasings, advertensies, briewe, of enige ander teksgebasseerde vorme. Opstel van bykans enige teks-gebasseerde inhoud. WebServe bied dit aan tesame met die addisionele opsie vir Grafiese Ontwerp indien nodig.

05

Proeflesing

Proeflees is die proses om die finale konsep van 'n skryfstuk te hersien om konsekwentheid en akkuraatheid in grammatika, spelling, leestekens en formatering te verseker.​

WebServe sal al jou dokumentasie, sosialemedia-plasings, advertensies, of enige ander teksgebasseerde vorm nagaan en kan ook addisionele Terugvoer-Verslae aanbied indien nodig.

06

Admin & Bemarking

Laat ons jou maatskappy, organisasie of projek se administrasie en/of bemarking oorneem - maak die kopseer WebServe s'n! [LET WEL; DIE DIENS IS NOG IN WERKING]

Uitnemendheid en
Kreatiwiteit

Praat met WebServe, Wat kan vir jou gedoen word?
Geen kostes, geen verpligting

Pretoria East, Gauteng 0048, South Africa

Tel: (069) 438 - 4541

DANKIE VIR JOU KOMMUNIKASIE

© 2021 by WebServe, Ltd. Linguistics & Independent Media. Proudly created with Wix.com

bottom of page