
Meer Oor WebServe
Die Eienaar
Om 'n besigheid se eienaar te ken, is om die besigheid te ken. Hier volg bietjie meer inligting...

Lourens Hurter | Stigter, Eienaar
Ek het al lankal gedroom om my eie besigheid te begin, maar daar was somtyds te veel komplikasies. Hier is WebServe nou! 'n Besigheid wat kreatiwiteit, taalkunde en professionaliteit nastrewe - dienste word gelewer met passie, en bydrae word gemaak tot akkuraatheid en goeie voorkoms van die kliënt(e) se produkte wat deur WebServe aangehelp word.
WebServe gaan in die toekoms daarna kyk om uit te brei met ander dienste verwant aan webwerf-ontwerp en oorneem van maatskappye se administratiewe take.
Redigering | Lokalisering en Vertaling
Grafiese Ontwerp | Onderwys
Redigering
Redigering is die proses om veranderinge aan 'n teks aan te bring alvorens publisering. WebServe sal enige dokumentasie nagaan en redigeer - die tel ook vir sosialemedia - plasings byvoorbeeld Facebook (Meta), Instagram en Twitter
Grafiese Ontwerp
WebServe sal die stres oorneem van die ontwerp van jou besigheid/organisasie/projek se logo's, advertensies, prente, of enige ander soortgelyke media (veral bemarking)
Proeflesing
Proeflees is die proses om die finale konsep van 'n skryfstuk te hersien om konsekwentheid en akkuraatheid in grammatika, spelling, leestekens en formatering te verseker.​ WebServe sal al jou dokumentasie, sosialemedia-plasings, advertensies, of enige ander teksgebasseerde vorm nagaan en terugvoering bied oor taal-verwante aspekte van jou produk/diens/tekste.
Bemarking
Sien jou in die toekoms vir die nuwe idee. Nog nie beskikbaar nie
Vertaling
WebServe sal enige dokumentasie of teksgebasseerde vorme soos soialemedia-plasings, skooltake, enigiets - nagaan en vertaal vanaf Afrikaans na Engels (UK/ZA) en andersom!
Tik/Opstel van Dokumentasie/Inhoud
WebServe kan jou dokumentasie ook opstel vir jou. Dit sluit kontrakte in, sosialemedia-plasings, advertensies, briewe, of enige ander teksgebasseerde vorme.
